Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » luiaard
luiaard [boodskap #135588] Ma, 01 Februarie 2021 20:24
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20218
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Luiaard.
'n Luiaard.
luiaard
Afbreking: lui•aard
Samestelling: lui + -aard


Selfstandige naamwoord: luiaard
Meervoud: luiaards
Verkleinwoord: luiaardjie
Meervoud van verkleining: luiaardjies

Betekenis:
• Iemand wat baie lui is; 'n werksku persoon.
• 'n Soogdier van Sentraal- en Suid-Amerika, die luidier of ai, Bradypus variegatus.

Gebruik:
• Hy is 'n gemaksugtige luiaard wat nooit 'n vinger sal lig om te help nie.
• Die luiaard is eintlik 'n nagdier en is nie juis baie aktief nie.

Spreekwoord:
• Gaan na die miere, jou luiaard. [Gaan kyk hoe werksaam die miere is en word ook so.]
• 'n Luiaard dra hom dood, maar hy loop nie twee keer nie. [Gesê van iemand wat op een slag meer wil dra as wat hy kan.]
• As die son sak in die weste, is die luiaard op sy beste. [Gesê aan iemand wat eers in die laat middag met 'n ernstige of groot werk begin.]

Vertaling:
Engels: lazy person, lazybones; sloth
Nederlands: luiaard

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: lummel
Volgende onderwerp: skugter
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 08:40:00 MGT 2024