Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sinies
sinies [boodskap #135410] Sa, 16 Januarie 2021 07:57
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20222
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sinies
Afbreking: si•nies


Byvoeglike naamwoord: sinies
Vergrotende trap: sinieser
Oortreffende trap: siniesste
Attributief: siniese

Betekenis:
• Skepties oor die opregtheid of motiewe van ander; wantrouig teenoor ideale en goeie bedoelings; ongeloof in die goeie.

Gebruik:
• Daar is verbasend baie mense wat sinies is oor die liefde.

Sinoniem:
• minagtend
• ongelowig
• ongevoelig
• skepties
• spottend
• wantrouig

Antoniem:
• goedgelowig
• naïef

Verwant:
• sinikus
• sinisme
• sinister

Vertaling:
Engels: cynic, cynical
Duits: zynisch
Nederlands: cynisch

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kastaiing
Volgende onderwerp: herd
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 11:07:15 MGT 2024