Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » pantoffel
pantoffel [boodskap #135395] Do, 14 Januarie 2021 20:12
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20222
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Pantoffels
Pantoffels
pantoffel
Afbreking: pan•tof•fel


Selfstandige naamwoord: pantoffel
Meervoud: pantoffels
Verkleinwoord: pantoffeltjie
Meervoud van verkleining: pantoffeltjies

Betekenis:
• 'n Sagte, gemaklike skoen wat tuis gedra word.

Gebruik:
• Ek onthou nog hoe my ma ons met die pantoffel gewiks het as ons stout was.

Spreekwoord:
• Hy staan onder die pantoffel. [Hy word deur sy vrou regeer.]

Hiponiem:
• leerpantoffel
• uitskoppantoffel

Afgelei:
• pantoffeldag
• pantoffelheld
• pantoffelregering
• pantoffelvormig

Vertaling:
Engels: slipper
Nederlands: pantoffel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: krygsman
Volgende onderwerp: fokof
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 10:56:01 MGT 2024