Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Spraak en die vryheid daarvan
Spraak en die vryheid daarvan [boodskap #13539] Do, 26 Maart 1998 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Beste Ferdi,

Kom ons praat bietjie oor praat. Ek sal jou begelei daarin, as jy my sal
toelaat. Want die idee van "begeleiding" veronderstel dat jy die inisiatief
neem, en ook dat jy besluit wie jou begelei.

Ferdi wrote in message ...
> On Tue, 24 Mar 1998 13:59:23 +0100, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> dikwels as jy die ding so totaal aan die stert bykom!>>>
>
> So tipies jy Leendert, hierdie antwoord.

Dink jy so? Nou ja. Dit suggereer dat my gedrag 'n herkenbare, relatief
konsekwente patroon vorm, nie waar nie? Ongeag of die gedrag "goed" of
"sleg" is - of soms "goed" en soms "sleg"

> By the way, het jy nou al uitgevind wat Constand Viljoen se aansoek by
> die WVK is?

Vir sover ons kan weet, ja. Om die waarheid te sê, ek het aanhalings uit die
koerante oor die onderwerp op die nuusgroep geplaas. Onthou jy, of moet ek
dit vir jou gaan uithaal soos soveel keer tevore?

>
> En het jy nou al die guts van erens gekry om jou bang pogings to gif
> saai in daardie vorige pos duideliker te stel - sodat 'n mens dit kan
> toets. En sommer jou integriteit ook in die proses.
>
> Om te dink dat iemand met jou onvermoe tot eerlikheid daarop kan
> aanspraak maak dat hy ander mens "bystaan" en "lei"!

Sien, Ferdi: ek weet nie waarna jy verwys nie. Jou beskrywing van die
betrokke materiaal is te vaag vir my om af te lei wat jy bedoel. Kort gelede
het jy ook in sulke terme verwys na iets wat ek geskryf het. Ek het beleefd
gevra dat jy liewer vir my die uitspraak moet aanhaal, sodat ek kan weet
waarvan jy praat.

Praat jy nou van dieselfde "vorige pos"? Want ek wag nog steeds vir jou om
dit te spesifiseer.

Wat wel opmerklik is, is dat jy my uitspraak _nie_ toets in terme van die
feitelike waarheid of die logiese geldigheid daarvan nie. Jy verwys net
herhaaldelik daarna in neerhalende terme. Jy gebruik die geleentheid om my
te beskuldig van lafhartigheid.

Is dit sodat jy beledigings kan rondslinger sonder dat mense vir hulself kan
kyk of die beledigings water hou, Ferdi?

Want dit is mos 'n propagandategniek. Die een wat gegrond is op die beginsel
van "mud sticks".

Dit werk so: jy gooi soveel modder as wat jy kan. Ongeag of dit geregverdig
is of nie, sal sommige daarvan aan die slagoffer bly kleef. Wanneer die
slagoffer jou uitdaag om jou aantygings te regverdig, ignoreer jy, dit. Jy
kan selfs die aantygings aanhoudend herhaal, en alle uitdagings om dit te
regverdig bly ignoreer.

Dit is mos wat jy hier doen, nie waar nie Ferdi?

>
> Dis nou onder meer na aanleiding van jou halfgebakte en (gebruiklike)
> ontwykende antwoord oor watter werk jy doen.

Kom ons kyk na die feite van hierdie saak:

Jy vra waar ek werk (en 'n paar verwante vrae, soos watter werk dit is wat
ek doen).

In die eerste plek, is dit my prerogatief om jou daardie inligting te gee of
te weerhou. Dit raak ten minste twee fundamentele regte: eerstens, die reg
op privaatheid - dit is my keuse watter inligting ek oor myself vrystel in
'n bepaalde forum. Tweedens gaan dit ook oor die vryheid van spraak. Jy
sien, Ferdi, vryheid van spraak sluit in die reg om nie te spreek nie - op
enige bepaalde plek of oor enige bepaalde onderwerp.

Dit is duidelik dat jy bewus is daarvan dat jy nie die reg het om 'n
antwoord te eis nie. Want, toe jy dit die eerste keer gevra het, het jy
beweer dat ek verplig is om jou die inligting te gee. Hierdie "verpligting"
grond jy op jou bewering dat ek dieselfde vraag aan jou gevra het, en dat jy
my geantwoord het.

In die eerste plek: Gestel jou bewering was waar. Dit sou nog geen
verpligting op my plaas om jou enige inligting te gee nie. Inligting, of
enigiets anders, wat jy vrylik gee is vrylik gegee, en plaas geen
verpligting op die ontvanger daarvan nie.

Die oumense het in verwante konteks, in basterhollands, gesê: "Eers gegeven,
dan genomen, erger dan als een dief gestolen." Die spreuk illustreer die
beginsel in ons kultuur (en reg) dat iets wat vrylik gegee word, geen
verpligting op die ontvanger lê nie. Dat pogings om, op grond van so 'n
"skenking" voordele af te dwing, beskou word as moreel laakbaar. Dis eintlik
maar 'n vorm van afpersing, net soos "date rape".

Maar Ferdi: In hierdie geval was dit nie eens waar dat ek jou sulke
inligting gevra het nie. Jy het gereageer op iemand anders op die nuusgroep
(At de Lange?) wat gevra het of jy die Ferdi Greyling is wat in Beeld skryf
oor rekenaars - as ek reg onthou.

Met ander woorde: Jy het voorgegee dat ek 'n verpligting het wat ek nie sou
hê as jou bewerings waar was nie, maar selfs die bewerings waarop jy die
aanspraak grond is vals.

Ten spyte daarvan dat jy geen reg het om die inligting van my te eis nie,
het ek - uit vrye wil - vir jou verduidelik waar jy die inligting kan kry -
openbare bronne wat vir jou selfs makliker toeganklik behoort te wees as om
die vraag direk aan my te vra. Bronne waarvan jy self behoort te weet, en
wat dus die vraag laat ontstaan: waarom vra jy _my_?

Ek het ook - vrywilliglik - elemente van my CV geplaas toe Gloudina met jou
begin saamkef.

Jy het verkies om my reaksies te ignoreer en herhaaldelik, asof ek nie
gerageer het nie, dieselfde vraag oor en oor te bly vra. Daardeur skep jy
doelbewus die indruk dat ek onregmatiglik inligting weerhou waarop jy
geregtig is.

Terselfdertyd sit jy jou gebruik voort om my tydig en ontydig 'n leuenaar te
noem en my integriteit te bevraagteken. Sonder om een enkele keer feite voor
te lê wat toon dat ek gelieg het.

Dus:

Jy eis dat ek 'n uitspraak moet regverdig wat jy in neerhalende terme
beskryf - maar op so 'n wyse dat die spesifieke uitspraak nie herkenbaar is
nie. En bygevolg nie geregverdig kan word (of andersinds) nie.

Hierop beskuldig jy _my_ van vaagheid. Want "mud sticks"

Jy impliseer, op grond van leuens en op die mees arrogante wyse, dat jy reg
het op inligting waarop jy geen reg sou gehad het nie, selfs as jou
aanspraak waar was.

Hierop beskuldig jy _my_ van leuens. Want "mud sticks".

Jy ignoreer die antwoorde wat ek jou gee, asof ek geen antwoord gegee het
nie. Terselfdertyd ignoreer jy konsekwent elke eis en versoek dat jy self
jou menige beweringe met feite of voorbeelde moet ondersteun.

Daarop beskuldig jy _my_ van arrogansie. Want "mud sticks".

Jy weier konsekwent om bewyse te lewer vir valse bewerings wat jy maak.

Daarop beskuldig jy _my_ van lafhartigheid.

Hierdie is tog 'n propagandategniek, nie waar nie Ferdie? Die een wat al
lank bekend is as "newspeak" of "doublespeak". Jy beskuldig die teenparty so
hard as moontlik en in die mees eksravagante taal van presies die dinge wat
jy self doen. Daardeur lei jy die aandag af en skep onsekerheid oor jou eie
optrede.

Maar jy beskuldig _my_ daarvan dat ek 'n "propagandis" is.

Jy sit hier met 'n smerig klein agenda van jou onderduimse eie, vrae te vra
waarop jy self die antwoorde kan kry, en jy bevraagteken _my_ integriteit.

Sulke optrede, Ferdi, is die van iemand wat staan vir 'n saak wat nie op sy
eie meriete kan staan nie. Dit is die gedrag van iemand wat spraakvryheid
gebruik om spraakvryheid in te perk.

Ek het jou al tevore aangeraai om met jou eie portuurs te gaan speel. En dit
sê ek nie omdat ek van nature arrogant is nie. Ek sê dit omdat jou gedrag
lastig en vervelend is - maar niks meer nie.

Wat erger is: dis besig om 'n gewoonte te raak jy jou.

>
> N.S. Probeer jy aan die mense wat jy so bystaan ook Hendrik Verwoerd
> skilder as 'n goeie mens wat nie juis 'n regstreekse aandeel aan
> apartheid gehad het nie - soos jy laas op die nuusgroep laas gedoen
> het?

Nee. Want ek het dit nie gedoen nie.

Dit is natuurlik - soos steeds tevore - te veel om te verwag dat jy sal
probeer om bewys te lewer van hierdie aantyging?

Vriendelike groete, Leendert
Re: Spraak en die vryheid daarvan [boodskap #13557 is 'n antwoord op boodskap #13539] Vr, 27 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes:

> Dit werk so: jy gooi soveel modder as wat jy kan. Ongeag of dit geregverdig
> is of nie, sal sommige daarvan aan die slagoffer bly kleef.

Soos om vir my 'n Kommunis en 'n
Boerehater te noem, en nog vele
ander dinge, en aan te hou daarmee
ten spyte van die feit dat jy nie
op enige stadium verduidelik hoe
ek nou 'n "kommunis" is nie. Jy
objekteer teen tegnieke wat jy
ad nauseam teen almal gebruik wat
nie jou enge politieke agenda
pas nie. So, geneesheer heel
jouself.

Gloudina
Re: Spraak en die vryheid daarvan [boodskap #13558 is 'n antwoord op boodskap #13539] Vr, 27 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
| Soos om vir my 'n Kommunis en 'n
| Boerehater te noem,

Lg is 'n selfopgelegde kassie, of dan naamplaatjie, as jy verkies.

en nog vele
| ander dinge, en aan te hou daarmee
| ten spyte van die feit dat jy nie
| op enige stadium verduidelik hoe
| ek nou 'n "kommunis" is nie.

Jy klink maar sommer maar so...!

Jy
| objekteer teen tegnieke wat jy
| ad nauseam teen almal gebruik wat
| nie jou enge politieke agenda
| pas nie. So, geneesheer heel
| jouself.

Preek jy vir jou self, prediker???
Re: Spraak en die vryheid daarvan [boodskap #13559 is 'n antwoord op boodskap #13539] Vr, 27 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
dega  is tans af-lyn  dega
Boodskappe: 23
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
@igs.net wrote in message ...

Soos om vir my 'n Kommunis te noem en aan te hou daarmee
> ten spyte van die feit dat jy nie
> op enige stadium verduidelik hoe
> ek nou 'n "kommunis" is nie.

*glimlag ......Glaudina, soos jy weet word die woord kommunis 'n effens
misbruik in die suid afrikaanse konteks. Dalk vergelykbaar met die
rioolwoord apartheidsvark wat jy so graag en kwistig op die nuusgroep
uitdeel :)
Re: Spraak en die vryheid daarvan [boodskap #13644 is 'n antwoord op boodskap #13539] Di, 31 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum" writes:
>
>> Dit werk so: jy gooi soveel modder as wat jy kan. Ongeag of dit geregverdig
>> is of nie, sal sommige daarvan aan die slagoffer bly kleef.
>
> Soos om vir my 'n Kommunis en 'n
> Boerehater te noem, en nog vele
> ander dinge, en aan te hou daarmee
> ten spyte van die feit dat jy nie
> op enige stadium verduidelik hoe
> ek nou 'n "kommunis" is nie.

Waar en wanneer het ek jou 'n "kommunis" genoem, Gloudina?

Of lieg jy bloot om die storie in jou guns te draai?

(Jou Boerehatery dink ek is daar vir almal om te sien.)

Vriendelike groete, Leendert
Re: Spraak en die vryheid daarvan [boodskap #13649 is 'n antwoord op boodskap #13539] Di, 31 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 26 Mar 1998 17:18:58 +0100, "Leendert van Oostrum" wrote:

> dikwels as jy die ding so totaal aan die stert bykom!>>>[/color]
>>
>> So tipies jy Leendert, hierdie antwoord.>>>

Leendert wat laas 'n boendoe-hof uitgeroep het!
Leendert wat toe maatjies elders gaan haal het om gou met hom saam te
stem!
Leendert wat so graag by n kringetjie aansluit om in 'n koortjie te
skreeu!

Leendert wat sy "nuwe vriend" Thomas van Grahamstown skielik gewaar!

Jy weet ou Leunie, jy weet wat ek hier se...
Re: Spraak en die vryheid daarvan [boodskap #13731 is 'n antwoord op boodskap #13539] Do, 02 April 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Thu, 26 Mar 1998 17:18:58 +0100, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> >> dikwels as jy die ding so totaal aan die stert bykom!>>>
>>>
>>> So tipies jy Leendert, hierdie antwoord.>>>
>
>
> Leendert wat laas 'n boendoe-hof uitgeroep het!
> Leendert wat toe maatjies elders gaan haal het om gou met hom saam te
> stem!
> Leendert wat so graag by n kringetjie aansluit om in 'n koortjie te
> skreeu!
>
> Leendert wat sy "nuwe vriend" Thomas van Grahamstown skielik gewaar!
>
> Jy weet ou Leunie, jy weet wat ek hier se...

Ja, ek weet. Ongespesifiseerde innuendo, met beweringe en verwysings na
beweringe wat jy nooit bewys nie. 'n Verwysing na Thomas, waarvan jy die
betekenis omkeer om presies die teenoorgestelde te suggereer as die
oorspronklike.

Wat jy hier sê, Koos, is plein propaganda (die kru en dom soort propaganda),
want jy het nie 'n antwoord op my argumente nie.
Vorige onderwerp: Ferdi vra dom vrae - hoekom?
Volgende onderwerp: Mandela uitlatings teen Clinton
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 01:12:03 MGT 2024