Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » wyk
wyk [boodskap #135362] Di, 12 Januarie 2021 09:52
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20227
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
wyk
Afbreking: wyk


Werkwoord: wyk
Verlede tyd: het gewyk

Betekenis:
• Voor iets padgee; verkas.

Gebruik:
Wyk satan, wyk!

Spreekwoord:
• Hy neem die wyk. [Vlug, padgee.]
• As meerderman kom, moet minderman wyk. [Die ondergeskikte moet padgee vir sy baas.]

Afgelei:
• afwyk
• ontwyk
• uitwyk

Vertaling:
Engels: to give way, fall back, withdraw, cede, relinquish, stop, yield
Nederlands: wijken


Selfstandige naamwoord: wyk
Meervoud: wyke
Verkleinwoord: wykie
Meervoud van verkleining: wykies

Betekenis:
• 'n Bewoonde deel van 'n stad of 'n munisipaliteit.

Gebruik:
• In watter wyk bly jy?

Sinoniem:
• kiesafdeling
• stadsdeel
• stemdistrik

Afgelei:
• wyksbasaar
• wyksbesoek
• wyksbestuur
• wyksplaas
• wyksverpleegster
• wyksverteenwoordiger

Vertaling:
Engels: neighborhood, district, ward, parish
Nederlands: wijk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wek
Volgende onderwerp: regterlik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 17:59:59 MGT 2024