Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » betoog
betoog [boodskap #135321] So, 10 Januarie 2021 09:35
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20221
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
betoog
Afbreking: be•toog


Werkwoord: betoog
Verlede tyd: het betoog

Betekenis:
• Aan 'n betoging (politieke demonstrasie) deelneem.
• 'n Argument voer, veral in 'n hof.

Gebruik:
• Dansende betogers het buite die hof betoog.
• Die advokaat betoog dat daar 'n redelike vooruitsig op sukses op appèl is.

Vertaling:
Engels: to present an argument; to demonstrate
Nederlands: betogen


Selfstandige naamwoord: betoog
Meervoud: betoë
Verkleinwoord: betogie
Meervoud van verkleining: betogies

Betekenis:
• 'n Argument of pleidooi lewer, veral in 'n hof.

Gebruik:
• Die advokaat het sy betoog afgesluit en beklemtoon dat sy kliënt totaal onskuldig is.

Vertaling:
Engels: argument, plea
Nederlands: betoog

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: betrap
Volgende onderwerp: beswaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 10:44:56 MGT 2024