Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » voortplant
voortplant [boodskap #135310] Sa, 09 Januarie 2021 15:26
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20222
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
voortplant
Afbreking: voort•plant


Werkwoord: plant voort, voortplant
Verlede tyd: het voortgeplant

Betekenis:
• (biologie) 'n Nuwe generasie voortbring; nageslag verwek; aanteel.
• (fisika) Deur 'n medium voortbeweeg; oordra en verder versprei.

Gebruik:
• Die meeste diere plant seksueel voort, maar daar is spesies wat aseksueel deur seldeling voortplant.
• Klank kan vinniger deur 'n spoorstaaf as deur die lug voortplant.

Sinoniem:
• kloon
• oordra
• versprei
• vermenigvuldig
• vermeerder
• teel

Afgelei:
• voortplanting

Vertaling:
Engels: to procreate; to propagate, transmit
Nederlands: voortplanten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sorgloos
Volgende onderwerp: ruimtewese
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 11:04:15 MGT 2024