Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kern
kern [boodskap #135157] So, 27 Desember 2020 20:31
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20224
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kern
Afbreking: kern


Selfstandige naamwoord: kern
Meervoud: kerne, kerns
Verkleinwoord: kerntjie
Meervoud van verkleining: kerntjies

Betekenis:
• Die middelpunt of middelste gedeelte van iets.
• (figuurlik) Die belangrikste gedeelte van iets.
• (skeikunde) Die nukleus van 'n atoom.

Gebruik:
• 'n Witdwerg is 'n dooie ster waarvan net die kern oorgebly het.
• Ons moet tot die kern van die saak deurdring.
• 'n Atoom se kern bestaan uit protone en neutrone.

Afgelei:
• kernaantekening
• kernafval
• kernagtig
• kernbeginsel
• kernbom
• kernbrandstof
• kernchemie
• kernfisika
• kerngedagte
• kerngesond
• kerngroep
• kernkrag
• kernontploffing
• kernoorlog
• kernparagraaf
• kernprobleem
• kernreaktor
• kernsentrale
• kernvraag
• kernwapen
• kernwetenskap
• selkern

Vertaling:
Engels: kernel, pith, heart; gist, root; nucleus
Nederlands: kern

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: redenaar
Volgende onderwerp: aandsang
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 13:52:40 MGT 2024