Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » fortuin
fortuin [boodskap #135142] So, 27 Desember 2020 09:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20224
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
fortuin
Afbreking: for•tuin


Selfstandige naamwoord: fortuin
Meervoud: fortuine
Verkleinwoord: fortuintjie
Meervoud van verkleining: fortuintjies

Betekenis:
• 'n Groot hoeveelheid geld; rykdom.
• Die goeie geluk; voorspoed.

Gebruik:
• Sy het 'n fortuin van haar ouma geërf.
• Dit help nie om jou fortuin in 'n kasino te gaan soek nie.

Spreekwoord:
• Die rat van die fortuin. [Die wisselvallighede van die lewe.]

Afgelei:
• fortuinkoekie
• fortuinlik
• fortuinmaker
• fortuinsoeker

Vertaling:
Engels: fortune, wealth; luck
Nederlands: fortuin

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: foeter
Volgende onderwerp: frekwensie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 14:15:54 MGT 2024