Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kapstok
kapstok [boodskap #135137] So, 27 Desember 2020 07:31
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20224
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Versierde kapstok.
'n Versierde kapstok.
kapstok
Afbreking: kap•stok
Samestelling: kap + stok


Selfstandige naamwoord: kapstok
Meervoud: kapstokke
Verkleinwoord: kapstokkie
Meervoud van verkleining: kapstokkies

Betekenis:
• Staander met hake waaraan jasse, hoede en sambrele gehang word.
• (figuurlik) 'n Aanknopingspunt; rede om 'n gesprek te begin.

Gebruik:
• Dis goeie maniere om jou hoed af te haal as jy by 'n huis inkom en aan die kapstok te hang.
• Die weer word dikwels as 'n kapstok gebruik.

Spreekwoord:
• Hy gebruik dit net as 'n kapstok. [Iets as aanknopingspunt gebruik om iets anders ter sprake te bring.]

Sinoniem:
• hoederak

Afgelei:
• kapstokhaak
• kapstokpen

Vertaling:
Engels: hatstand, hatrack, coat stand
Nederlands: kapstok

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp:
Volgende onderwerp: aardig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 13:59:47 MGT 2024