Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » deken
deken [boodskap #135124] Sa, 26 Desember 2020 07:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20224
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Deken.
'n Deken.
deken
Afbreking: de•ken


Selfstandige naamwoord: deken
Meervoud: dekens
Verkleinwoord: dekentjie
Meervoud van verkleining: dekentjies

Betekenis:
• Bedsprei wat oor 'n opgemaakte bed gegooi word; bedbedekking met dekoratiewe ontwerp.
• 'n Kerklike of akademiese amp.

Gebruik:
• Sy maak die bed op en gooi 'n rooi deken daaroor.
• Vigilius is in die jaar 531 as deken in die kerk ingewy.

Verwant:
• duvet
• laken
• kombers
• kussing

Vertaling:
Engels: quilt, bedspread; dean
Nederlands: bedsprei; deken

Nota:
• Pasop, 'n "deken" in Nederlands is 'n kombers in Afrikaans.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bruikbaar
Volgende onderwerp: dilemma
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 13:43:33 MGT 2024