Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "Halfmensbome" deur PETRA MULLER
"Halfmensbome" deur PETRA MULLER [boodskap #13504] Di, 24 Maart 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
HALFMENSBOME, 'N NAMA-LEGENDE
Petra Muller

Die Ou-Goed op die vlug,
mos, nes die vrou van Lot,
het gebly staan en trug
land toe geroep: o my land!

Toe het die Groot Een hulle omgepluk,
koppe halfpad omgekrenk in die koerse
van die Ou-Werf, en hulle net daar geplant:

"Nou kyk tot julle uitgekyk is, moerskenners,
moet ek dan ewig stoei met mens wat nie wil
gaan waar ek gebie' nie; hou op swerf!"

Dis wat ons gehoor het. Maar waarvandaan gekom,
waarheen op pad, dit weet ons nie,

behalwe, aan die beurstaan kan jou blote oog
dit sien: dit was 'n gees
van opperste verlang gewees.
Vorige onderwerp: Mampara van die Eeu!
Volgende onderwerp: Lou en Tottie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jul 01 01:28:33 MGT 2024