Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sitvlak
sitvlak [boodskap #135036] Vr, 18 Desember 2020 18:58
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20224
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sitvlak
Afbreking: sit•vlak
Samestelling: sit + vlak


Selfstandige naamwoord: sitvlak
Meervoud: sitvlakke
Verkleinwoord: sitvlakkie
Meervoud van verkleining: sitvlakkies

Betekenis:
• (anatomie) Die boude.
• Vlak van 'n voorwerp waarop mens kan sit.

Gebruik:
• My sitvlak is deurgesit. As mens sit, moet jou sitvlak teen die stoel se rugkant wees.
• Die bank se sitvlak is nie gelyk nie.

Sinoniem:
• agterent
• agterstewe
• agterwêreld
• boude
• fondament
• gat
• reet

Vertaling:
Engels: butt, backside, behind; seat
Nederlands: zitvlak

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skaapvleis
Volgende onderwerp: selfmoord
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 14:11:05 MGT 2024