Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sool
sool [boodskap #135019] Do, 17 Desember 2020 08:14
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20224
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Sool.
'n Sool.
Sole
Sole
sool
Afbreking: sool


Selfstandige naamwoord: sool
Meervoud: sole
Verkleinwoord: sooltjie
Meervoud van verkleining: sooltjies

Betekenis:
• Die onderkant van 'n voet, skoen of band.

Gebruik:
• Die tekkie se sool is afgeloop.

Sinoniem:
• loopvlak

Hiponiem:
• skoensool
• voetsool

Afgelei:
• soolganger
• soolleer

Vertaling:
Engels: sole
Nederlands: zool


Werkwoord: sool
Verlede tyd: het gesool

Betekenis:
• Om 'n loopvlak onder 'n skoen aan te bring.

Gebruik:
• Die skoene moet gesool word.

Vertaling:
Engels: to sole
Nederlands: zolen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: spinnerak
Volgende onderwerp: skoolgeld
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 13:55:28 MGT 2024