Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » flerrie
flerrie [boodskap #135011] Wo, 16 Desember 2020 17:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20224
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
flerrie
Afbreking: fler•rie


Selfstandige naamwoord: flerrie
Meervoud: flerries
Verkleinwoord: flerrietjie
Meervoud van verkleining: flerrietjies

Betekenis:
• Vrou wat vryerig is en agter mans aanloop.

Gebruik:
• Sy is 'n regte flerrie.

Sinoniem:
• ligtekooi (argaïes)

Antoniem:
• rokjagter

Afgelei:
• flerrieagtig

Vertaling:
Engels: flirt
Nederlands: flirt


Werkwoord: flerrie
Verlede tyd: het geflerrie

Betekenis:
• Vryerig agter mans aanloop; met mans flankeer.

Gebruik:
• Sy is mansiek en flerrie agter al wat broek is aan.

Vertaling:
Engels: to flirt
Nederlands: flirten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: rentmeester
Volgende onderwerp: rokjagter
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 13:43:45 MGT 2024