Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » spreeu
spreeu [boodskap #135001] Wo, 16 Desember 2020 07:33
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20224
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Grootglansspreeu.
'n Grootglansspreeu.
spreeu
Afbreking: spreeu


Selfstandige naamwoord: spreeu
Meervoud: spreeus
Verkleinwoord: spreeutjie
Meervoud van verkleining: spreeutjies

Betekenis:
• Middelgroot sangvoël uit die familie van spreeus (Sturnidae), meestal met 'n donkerkleurige verekleed en 'n metaalagtige glans.

Gebruik:
• Die Europese spreeu kan die roep van ander voëls naboots.

Spreekwoord:
• Een spreeu maak nog nie 'n winter nie. [Uit een enkele geval kan nie 'n algemene gevolgtrekking gemaak word nie.]

Hiponiem:
• blouoorspreeus (Lamprotornis chalybaeus)
• gewone glansspreeu (Lamprotornis nitens)
• grootglansspreeu (Lamprotornis australis)
• swartpensspreeu (Lamprotornis corruscus)
• witgatspreeu (Lamprotornis bicolor)

Vertaling:
Engels: starling
Nederlands: spreeuw

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: spoorloos
Volgende onderwerp: staatsgreep
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 14:16:59 MGT 2024