Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Mampara van die Eeu!
Mampara van die Eeu! [boodskap #13493] Di, 24 Maart 1998 00:00
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina, wat volgens haar eie belydenis "weggehol het", wie se huistale
Engels en Frans is en wie se kinders nie eens Afrikaans verstaan nie, wat in
Kanada sit en mense kategoriseer as "apartheidsvarke" ('n kategorie wat sy
verseg om te definieer), wat ten minste
daagliks orakeluitsprake oor Suid-Afrika maak skryf oor -

'n digter wie se reputasie in die "struggle" eens onkreukbaar was, wat in
die tronk gesit het vir sy bedrywighede in hierdie verband, wat 'n groot
deel van elke jaar in SA deurbring, en wat deurlopend persoonlik betrokke is
by 'n wye verskeidenheid ontwikkelingsaksies in die land:

@igs.net wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum" writes: >
>
>> Andersyds, natuurlik, dat hulle albei in hierdie geval klaarblyklik reg is -
>> die stories van die ANC was inderdaad bloot praatjies vir die vaak - soos
>> Breyten Breytenbach ook Saterdag gesê het.
>
> Hoekom skryf Breyten Breytenbach
> meestal in Engels, sit meestal in
> Parys, en nou wil hy in SA kom
> dikteer? Moenie vir Breyten nou
> skielik die groot orakel maak nie.

Ai, Gloudina!

Jy het nou regtig hierin getrap. En dis jaartse en jaartse onderrok wat
_daar_ uithang, ou ding!

Vriendelike groete, Leendert
Vorige onderwerp: Afrikaans language module
Volgende onderwerp: "Halfmensbome" deur PETRA MULLER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 22:24:05 MGT 2024