Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » draagbaar
draagbaar [boodskap #134907] So, 06 Desember 2020 20:05
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20224
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Draagbaar word uit 'n ambulans gelaai.
'n Draagbaar word uit 'n ambulans gelaai.
draagbaar
Afbreking: draag•baar


Selfstandige naamwoord: draagbaar
Meervoud: draagbare
Verkleinwoord: draagbaartjie
Meervoud van verkleining: draagbaartjies

Betekenis:
• Plank of bed met wiele waarop 'n lende persoon vervoer word.

Gebruik:
• Die pasiënt is op 'n draagbaar gelaai en met 'n ambulans na ongevalle gehaas.

Sinoniem:
• voubed
• vervoerbed

Vertaling:
Engels: stretcher
Nederlands: draagbaar


Byvoeglike naamwoord: draagbaar
Attributief: draagbare
Partitief: draagbaars

Betekenis:
• Wat gedra kan word.

Gebruik:
• Die draagbare radio kort nuwe batterye.

Sinoniem:
• mobiel

Afgelei:
• draagbaarheid

Vertaling:
Engels: portable, mobile
Nederlands: draagbaar

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: digbundel
Volgende onderwerp: dronklap
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 15:29:38 MGT 2024