Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » katvriendelik
katvriendelik [boodskap #134828] Ma, 30 November 2020 15:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20224
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
katvriendelik
Afbreking: kat•vrien•de•lik
Samestelling: kat + vriendelik


Byvoeglike naamwoord: katvriendelik
Attributief: katvriendelike

Betekenis:
• Vriendelik teenoor katte.
• (figuurlik) Oordrewe vleierig om guns of voordeel te wen, soos 'n kat wat hom vir eie plesier teen iemand aanskuur.

Gebruik:
• Katliefhebbers probeer dikwels om hulle huise meer katvriendelik te maak.
• Hulle vermoed onraad toe die katterige meisie ewe skielik katvriendelik raak.

Sinoniem:
• flikflooierig
• inkruiperig
• vleierig
• witvoetjiesoekerig

Afgelei:
• katvriendelikheid

Vertaling:
Engels: wheedling, ingratiating, coaxing; cat friendly
Nederlands: katvriendelijk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: toegewyd
Volgende onderwerp: erns
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 14:41:50 MGT 2024