Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » suikerbos
suikerbos [boodskap #134803] So, 29 November 2020 07:31
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20224
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Suikerbos
Suikerbos
suikerbos
Afbreking: sui•ker•bos
Samestelling: suiker + bos


Selfstandige naamwoord: suikerbos
Meervoud: suikerbosse
Verkleinwoord: suikerbossie
Meervoud van verkleining: suikerbossies

Betekenis:
• 'n Plant van die genus Protea met groot blomme en soet nektar.
• Malfa-agtige plant van die Karoo, Hermannia desertorum.

Gebruik:
• Die Opregte suikerbos (Protea repens) is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap en Oos-Kaap voor.
Suikerbos kom algemeen op die vlaktes van die Gamka-Karoo voor.

Afgelei:
• suikerbosstroop

Hiponiem:
• baardsuikerbos
• blousuikerbos
• Botrivier-suikerbos
• geelsuikerbos
• louriersuikerbos
• rooisuikerbos
• witsuikerbos

Vertaling:
Engels: protea; Hermannia desertorum

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: higrometer
Volgende onderwerp: middeloor
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 14:29:39 MGT 2024