Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » jukskei
jukskei [boodskap #134777] Vr, 27 November 2020 15:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20224
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Juk met twee jukskeie.
'n Juk met twee jukskeie.
jukskei
Afbreking: juk•skei
Samestelling: juk + skei


Selfstandige naamwoord: jukskei
Meervoud: jukskeie
Verkleinwoord: jukskeitjie
Meervoud van verkleining: jukskeitjies

Betekenis:
• Sport waar bottelvormige stukke hout na 'n pen gooi word wat in die grond geplant is.
• (histories) Houtpen wat in 'n juk gesteek word om dit in posisie om die nek te hou.

Gebruik:
Jukskei word gespeel deur 2 spanne van 4 spelers met skeie wat tussen 11 en 16 meter na 'n houtpen in 'n sandput gegooi word.
• 'n Juk is 'n houtpaal met gate aan weerskante waarin die jukskeie pas.

Afgelei:
• jukskeibaan
• jukskeikerf
• jukskeikompetisie
• jukskeispeler
• jukskeispan
• jukskeitoernooi

Vertaling:
Engels: jukskei; yoke-pin
Nederlands: jukskei

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bokerf
Volgende onderwerp: verdienste
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 14:50:22 MGT 2024