Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » trekklavier
trekklavier [boodskap #134771] Vr, 27 November 2020 09:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20224
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Trekklavier.
'n Trekklavier.
trekklavier
Afbreking: trek•kla•vier
Samestelling: trek + klavier


Selfstandige naamwoord: trekklavier
Meervoud: trekklaviere
Verkleinwoord: trekklaviertjie
Meervoud van verkleining: trekklaviertjies

Betekenis:
• Musiekinstrument wat soos 'n groot konsertina lyk, maar klawers soos 'n klavier het.

Gebruik:
• Nico Carstens het meer as 1200 liedjies geskryf en op sy trekklavier gespeel.

Sinoniem:
• akkordeon
• pensklavier

Afgelei:
• trekklavierspeler

Vertaling:
Engels: accordion
Nederlands: trekharmonica, accordeon

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: blaaskans
Volgende onderwerp: berowing
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 14:41:01 MGT 2024