Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ditto
ditto [boodskap #134756] Do, 26 November 2020 13:56
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20224
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ditto
Afbreking: dit•to


Bywoord: ditto

Betekenis:
• 'n Bevestiging van alle besonderhede; net soos tevore; presies dieselfde.

Gebruik:
• Die boek se storielyn is power en ditto vir die dialoog.
• Wat meer kan ek sê behalwe as ditto, ditto, ditto!
• Ek kan niks meer byvoeg nie en ek ditto met alles reeds genoem.

Wisselvorm:
• dito

Sinoniem:
• dieselfde
• einste
• idem (Latyn)
• insgelyks

Afkorting:
• do.

Vertaling:
Engels: ditto
Nederlands: dito

Nota:
• Leenwoord uit Italiaans.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wildsbok
Volgende onderwerp: bespied
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 14:30:46 MGT 2024