Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Bulhond
Die Bulhond [boodskap #13473] Ma, 23 Maart 1998 00:00
Danie Martins  is tans af-lyn  Danie Martins
Boodskappe: 37
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
Ons het vriende wat op 'n plot woon. Die vriende het een
van hierdie Engelse Bulhonde as 'n geskenk gekry. Dis nou
daai soort honne wat lyk of hy met 'n dik spoed teen 'n muur
vasgehardloop het. Hulle is mos skoon mooi van lelikgeit.
Die hond het egter 'n onversadigbare lus vir hoenders gehad.
Al wat hoender is het hy gejaag, gevang en verslind. Hulle
kry toe die raad om 'n hoender in lampolie te week vir 'n paar
dae en dan die hoender met 'n stukkie tou om die hond se nek
vas te maak, maar so dat hy nie die hoender kan bykom nie.
My man en die bekkige Willie [5] moes iets by die vriende
gaan haal. Te verstane het Pa navraag gedoen omtrent die
hoender wat aan die hond se nek gehang het. Met hulle
tuiskoms vertel Willie, baie opgewonde aan Ma van die
spektakel, en sluit af met: "Jig Ma, en die hond loop die hele
plek vol met die hoender, maar ek dink die ding stink vreeslik,
want Ma moet net daai hond se vies gesig sien."

Indien jy gereeld sulke kinderstaaltjies wil lees, gooi net jou
Internet adres in my "Posbus" en ek stuur dit graag vir jou.
Ek belowe dat ek GEEN gemorspos sal stuur nie en
beslis nike sal adverteer nie. Ek wil net Afrikaans op die
Net bevorder.

Groete

Danie [dm...@lantic.co.za]
Re: Die Bulhond [boodskap #13474 is 'n antwoord op boodskap #13473] Ma, 23 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
|
| Indien jy gereeld sulke kinderstaaltjies wil lees, gooi net jou
| Internet adres in my "Posbus" en ek stuur dit graag vir jou.
| Ek belowe dat ek GEEN gemorspos sal stuur nie en
| beslis nike sal adverteer nie. Ek wil net Afrikaans op die
| Net bevorder.

Danie, het jy 'n webbladsy?
Vorige onderwerp: So met 'n tong in die kies!
Volgende onderwerp: Leendert vra: wie is 'n Apartheidsvark?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 15:52:10 MGT 2024