Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » muurprop
muurprop [boodskap #134635] Do, 19 November 2020 14:50
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20227
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Muurprop en 'n elektriese sok.
'n Muurprop en 'n elektriese sok.
muurprop
Afbreking: muur•prop
Samestelling: muur + prop


Selfstandige naamwoord: muurprop
Meervoud: muurproppe
Verkleinwoord: muurproppie
Meervoud van verkleining: muurproppies

Betekenis:
• Prop wat by 'n sok teen 'n muur ingedruk word om elektrisiteit af te tap; kontakstuk.
• (spreektaal) Sok teen 'n muur waar 'n prop ingedruk word om elektrisiteit af te tap; muursok; steekkontak.

Gebruik:
• Die bekendste muurproppe in Suid-Afrika het drie kontakpunte.
• Moet nooit 'n metaalvoorwerp of jou vingers in 'n muurprop druk nie.

Sinoniem:
• kragprop

Verwant:
• tweepuntprop
• driepuntprop

Vertaling:
Engels: wall plug; wall socket
Nederlands: stekker; stopcontact

Nota:
• 'n Mens druk 'n prop in 'n sok, maar baie mense praat van 'n muurprop asof dit 'n tipe sok is. Hoop nie u is nou net so deurmekaar soos ek nie!

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: oksidasie
Volgende onderwerp: ongelykmatig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 17:44:54 MGT 2024