Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » strooitjie
strooitjie [boodskap #134532] Do, 12 November 2020 10:03
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20227
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Strooitjies
Strooitjies
strooitjie
Afbreking: strooi•tjie


Selfstandige naamwoord: strooitjie
Meervoud: strooitjies

Betekenis:
• Hol buis van papier of plastiek waarmee vloeistof uit 'n glas opgesuig word.
• 'n Klein stukkie strooi.

Gebruik:
• Sy drink haar melkskommel met 'n strooitjie.

Sinoniem:
• suigstrooitjie

Spreekwoord:
• Aan 'n strooitjie vasklou. [Aan enigiets vasgryp om jou uit die moeilikheid te red.]
• Niemand 'n strooitjie in die pad lê nie. [Niemand kwaad doen of hinder nie.]

Vertaling:
Engels: straw
Nederlands: strootje, rietje

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skoolbus
Volgende onderwerp: vensterbank
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 17:36:20 MGT 2024