Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » meul
meul [boodskap #134486] So, 08 November 2020 19:06
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20227
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
meul
Afbreking: meul
Uitspraak: /mɪøl/


Selfstandige naamwoord: meul, meule
Meervoud: meule, meulens
Verkleinwoord: meultjie
Meervoud van verkleining: meultjies

Betekenis:
• Toestel wat graan en ander stowwe fyn maal; maaltoestel.
• Plek waar hout gesaag word; houtmeule.

Gebruik:
• Die eerste meulenaar, Wouter Mostert, het 'n meul langs die Varsrivier opgerig.
• Die boomstamme word na 'n meul vervoer, waar dit in lang reguit planke opgesaag word.

Spreekwoord:
• Water op sy meul. [Net wat hy verlang.]
• Dis koring op sy meul. [Dis net wat hy wil hê.]
• Eerste by die meul, eerste maal. [Die voorste in 'n tou word eerste gehelp.]

Hiponiem:
• handmeul
• koffiemeul
• saagmeul
• vleismeul
• watermeul
• windmeul

Afgelei:
• meulenaar
• meulklip
• meulrat
• meulsteen
• meulwiel

Vertaling:
Engels: mill
Nederlands: meul

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skag
Volgende onderwerp: kreet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 18:08:14 MGT 2024