Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skag
skag [boodskap #134485] So, 08 November 2020 18:12
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20227
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Verlate mynskag.
'n Verlate mynskag.
skag
Afbreking: skag


Selfstandige naamwoord: skag
Meervoud: skagte
Verkleinwoord: skaggie
Meervoud van verkleining: skaggies

Betekenis:
• 'n Uitgrawing in die vorm van 'n hol buis.
• 'n Stok of steel van 'n voorwerp soos 'n veer, assegaai, graaf, ens.

Gebruik:
• Die myn se skag het 'n diepte van byna 1200 meter bereik.
• Die pyl se skag is verwyder, maar die punt het in die wond agtergebly.

Afgelei:
• skagbek
• skaggraafwerk
• skaggrawer
• skaggrawery
• skagmond
• skagopening
• skagtoring
• skagwagter
• mynskag

Vertaling:
Engels: shaft
Nederlands: schacht

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: proaktief
Volgende onderwerp: meul
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 17:48:40 MGT 2024