Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ruimtereisiger
ruimtereisiger [boodskap #134480] So, 08 November 2020 16:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20227
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Ruimtereisiger in 'n ruimtepak.
'n Ruimtereisiger in 'n ruimtepak.
ruimtereisiger
Afbreking: ruim•te•rei•si•ger
Samestelling: ruimte + reisiger


Selfstandige naamwoord: ruimtereisiger
Meervoud: ruimtereisigers
Verkleinwoord: ruimtereisigertjie
Meervoud van verkleining: ruimtereisigertjies

Betekenis:
• Iemand wat in 'n ruimteskip deur die ruimte reis.

Gebruik:
• Joeri Gagarin van die Sowjetunie was die eerste ruimtereisiger en het op 12 April 1961 vir 108 minute aan boord van die Vostok 1 om die aarde gewentel.

Sinoniem:
• astronout
• kosmonout
• ruimteman
• ruimtevaarder

Vertaling:
Engels: space traveller, astronaut, cosmonaut
Nederlands: ruimtevaarder, astronaut

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skeermes
Volgende onderwerp: bewuswording
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 17:49:30 MGT 2024