Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skeermes
skeermes [boodskap #134479] So, 08 November 2020 16:39
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20227
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Skeermes.
'n Skeermes.
skeermes
Afbreking: skeer•mes
Samestelling: skeer + mes


Selfstandige naamwoord: skeermes
Meervoud: skeermesse
Verkleinwoord: skeermessie
Meervoud van verkleining: skeermessies

Betekenis:
• Skerp mes of toestel met lemme waarmee 'n mens hare skeer.

Gebruik:
• Skeer jy met 'n lemmetjie of 'n elektriese skeermes?

Spreekwoord:
• Sy het 'n bek soos 'n skeermes. [Baie goed ter tale; baie skerp met die mond.]
• Dit is soos 'n skeermes in die hand van 'n aap. [Dis onbruikbaar; dien geen doel nie.]

Afgelei:
• skeermeslemmetjie
• skeermestong

Vertaling:
Engels: razor, shaver
Nederlands: scheermes, scheerapparaat

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: geseënd
Volgende onderwerp: ruimtereisiger
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 17:58:58 MGT 2024