Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ingang
ingang [boodskap #134471] So, 08 November 2020 09:51
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20227
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Ingang.
'n Ingang.
ingang
Afbreking: in•gang
Samestelling: in + gang


Selfstandige naamwoord: ingang
Meervoud: ingange
Verkleinwoord: ingangetjie
Meervoud van verkleining: ingangetjies

Betekenis:
• Opening waardeur daar van buite af na binne beweeg word.
• Die begin van iets; ingangsdatum.

Gebruik:
• Makapansgat het 'n dubbele ingang wat aaneen loop en na die reusagtige grotte lei.
• Die wet sal met ingang van 1 Januarie in werking tree.

Spreekwoord:
• Jou uitgang en jou ingang. [Jou doen en late.]

Antoniem:
• uitgang

Afgelei:
• diensingang
• hoofingang
• ingangsdeur
• ingangshek
• ingangspoort
• ingangsportaal
• ingangstonnel
• syingang

Vertaling:
Engels: entrance; beginning
Nederlands: ingang

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: impi
Volgende onderwerp: jongman
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 17:50:50 MGT 2024