Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kleed
kleed [boodskap #134450] Sa, 07 November 2020 08:17
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20227
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kleed
Afbreking: kleed


Selfstandige naamwoord: kleed
Meervoud: klede (klere)
Verkleinwoord: kleedjie
Meervoud van verkleining: kleedjies

Betekenis:
• 'n Stuk lap wat oor iets gegooi word.
• Weefsel wat om die lyf gedra word; kledingstuk.

Gebruik:
• Daar lê 'n geborduurde kleed op die tafel.
• Jakob het vir Josef 'n kleurvolle kleed gegee.

Sinoniem:
• gewaad
• weefsel
• kledingstuk

Hiponiem:
• bo-kleed
• haarkleed
• koningskleed
• koorkleed
• lykkleed
• muurkleed
• onderkleed

Afgelei:
• kleedhokkie
• kleedkamer
• kleedrepetisie
• kleedster
• kleedstof

Vertaling:
Engels: clothe, dress, garment
Nederlands: kleed

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sloot
Volgende onderwerp: differensieer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 17:54:05 MGT 2024