Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » beskaaf
beskaaf [boodskap #134445] Vr, 06 November 2020 10:20
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20227
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
beskaaf
Afbreking: be•skaaf
Uitspraak: /bəˈskɑːf/


Byvoeglike naamwoord: beskaaf, beskaafd
Vergrotende trap: beskaafder
Oortreffende trap: beskaafdste, beskaafste
Attributief: beskaafde
Partitief: beskaafs

Betekenis:
• Gemanierd en goed opgevoed, nie woes of barbaars nie.
• Oor hoë vlak van ontwikkeling beskik.

Gebruik:
• Die beskaafde seun staan op toe 'n ouer dame in die bus inklim.
• Die Engelse is dalk 'n beskaafde nasie, maar oor hul alkoholmisbruik kan mens nie dieselfde sê nie.

Wisselvorm:
• beskaafd

Sinoniem:
• goedgemanierd
• ordentlik
• welgemanierd
• welopgevoed

Antoniem:
• onbeskaaf

Afgelei:
• beskaafdheid

Verwant
• beskawing

Vertaling:
Engels: courteous, polite; civilised, cultured
Nederlands: beschaafd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: speels
Volgende onderwerp: uitskel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 18:09:17 MGT 2024