Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hartlik
hartlik [boodskap #134383] So, 01 November 2020 20:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19117
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
hartlik
Afbreking: har•tlik
Uitspraak: /ˈɦar.tə.lək/


Byvoeglike naamwoord: hartlik
Vergrotende trap: hartliker
Oortreffende trap: hartlikste
Attributief: hartlike
Partitief: hartliks

Betekenis:
• Vanuit die hart; eerlik en opreg.
• Vriendelik, gaaf en gasvry.

Gebruik:
• Wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde. [Romeine 12:10]
• Die verlore seun is hartlik verwelkom.

Wisselvorm:
• hartelik

Sinoniem:
• gasvry
• gul
• innig
• openhartig
• vriendelik
• warm

Afgelei:
• hartlikheid

Vertaling:
Engels: cordial, warm, hearty, hospitable
Nederlands: hartelijk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bekommer
Volgende onderwerp: betuig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 28 19:55:53 MGT 2024