Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » knaldemper
knaldemper [boodskap #134380] So, 01 November 2020 19:17
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19218
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Vuurwapens met knaldempers.
Vuurwapens met knaldempers.
'n Motor se knaldemper.
'n Motor se knaldemper.
knaldemper
Afbreking: knal•dem•per
Samestelling: knal + demper


Selfstandige naamwoord: knaldemper
Meervoud: knaldempers
Verkleinwoord: knaldempertjie
Meervoud van verkleining: knaldempertjies

Betekenis:
• Apparaat wat die knal van 'n geweer verminder; geluiddemper.
• Toestel tussen 'n motor se enjin en die uitlaatpyp wat klank demp en uitlaatgasse beperk.

Gebruik:
• Die sluipmoordenaar skroef 'n knaldemper aan sy pistool se loop.
• Die petrolkop verwyder sy motor se knaldemper om die voertuig meer grom en woema te gee.

Verwant:
• knaldemping

Vertaling:
Engels: silencer; exhaust silencer
Nederlands: knaldemper

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: inperk
Volgende onderwerp: boodskapper
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 08 04:39:33 MGT 2024