Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hekel
hekel [boodskap #134310] Wo, 28 Oktober 2020 18:36
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20229
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Lap word gehekel.
'n Lap word gehekel.
hekel
Afbreking: he•kel


Werkwoord: hekel
Verlede tyd: het gehekel

Betekenis:
• Materiaal (soos lappe) vorm deur lusse aanmekaar te haak.
• Skerp spot of kritiseer.

Gebruik:
• Met hekel, anders as met brei, word 'n enkele naald gebruik en elke steek word voltooi voordat daar met die volgende een aangegaan word.
• Die sprekers is so erg gehekel dat hulle nie kon voortgaan nie.

Afgelei:
• hekeldig
• hekelgare
• hekelgaring
• hekelnaald
• hekelpatroon
• hekelpen
• hekelwerk

Vertaling:
Engels: to crochet; to berate
Nederlands: haken; hekelen


Selfstandige naamwoord: hekel
Meervoud: hekels
Verkleinwoord: hekeltjie
Meervoud van verkleining: hekeltjies

Betekenis:
• 'n Sterk afkeer vir iets of iemand; renons.

Gebruik:
• Ek het 'n hewige hekel aan mense wat dink dat hulle beter as ander is.

Vertaling:
Engels: aversion, dislike
Nederlands: hekel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kierang
Volgende onderwerp: trekker
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 20:08:43 MGT 2024