Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » haring
haring [boodskap #134293] Di, 27 Oktober 2020 10:23
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19220
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Haring.
'n Haring.
haring
Afbreking: ha•ring


Selfstandige naamwoord: haring
Meervoud: harings
Verkleinwoord: harinkie
Meervoud van verkleining: harinkies

Betekenis:
• 'n Klein, olierige seevissie wat in die Noordelike Halfrond voorkom.

Gebruik:
• Die geblikte "sardientjies" in supermarkte kan in werklikheid sprotte of ronde harings wees, wat nie eers naby die Suid-Afrikaanse kus gevang is nie.

Afgelei:
• haringdroëry
• haringgraat
• haringseisoen
• haringskool
• haringtyd
• haringvanger
• haringvangs
• haringvissery
• haringvloot

Vertaling:
Engels: herring
Nederlands: haring

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: handreling
Volgende onderwerp: eksoties
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 08 08:20:33 MGT 2024