Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » HNP-Kongres: Die Afrikanervrou: Kragbron van Weerstand
HNP-Kongres: Die Afrikanervrou: Kragbron van Weerstand [boodskap #13428] Sa, 21 Maart 1998 00:00 na volgende boodskap
HNP-Kongres  is tans af-lyn  HNP-Kongres
Boodskappe: 4
Geregistreer: Maart 1998
Karma: 0
Junior Lid
HERSTIGTE NASIONALE PARTY
29ste JAARKONGRES
20 & 21 MAART 1998

Persverklaring

Onderwerp: Die Afrikanervrou: Kragbron van Weerstand

Tyd: 21 Maart 1998 13:00

Al hierdie verklarings is ook beskikbaar by
http://www.hnp.org.za/kongres98/

Die Afrikanervrou: Kragbron van Weerstand

Die Afrikanervrou se bydrae tot die Afrikaner se weerstand teen onreg
en sy stryd om vryheid kan moeilik oorskat word. Met hulle vaste
geloof en onkreukbare vasberadenheid, deursettingsvermoë en bereidheid
tot opoffering het hulle in die verlede die volk begeester en
voorgegaan in volharding en opoffering. Dit is die gees wat deur mevv
Suzette de Ridder en Sanet Alkema op die 29e Jaarkongres van die
Herstigte Nasionale Party in die Akasiastadsaal.

Voorbeelde van heldeoptrede deur Afrikanervroue is volop. Dink maar
aan die Voortrekkervrou Susan Maritz wat die Britse goewerneur van
Natal, Sir Henry Cloete, vreesloos gekonfronteer het. Daar was Johanna
Brand wat gedurende die Engelse Oorlog 'n waardevolle en onverskrokke
spioenasiediens uit haar huis “Harmonie” in Pretoria bedryf het. Daar
was die optog van 10.000 vroue wat in 1915 teen Botha en Smuts se
oorlogsbeleid na die Uniegebou opgetrek het. En stellig die bekendste
bydrae is die dapperheid en lydsaamheid van die Boerevroue met hulle
kinders in die konsentrasiekampe. Terwyl baie burgers begin twyfel
het, het hierdie vroue die leiers aangemoedig om nie die Republieke
prys te gee nie.

Tans is die toestand van ons volk weer besig om haglik te word. Talle
Afrikanergesinne ly armoede en moet selfs plakkers word om te kan
oorleef. Dit stel hoë eise aan die Afrikanervrou om weer die voorbeeld
te stel en leiding te gee in die stryd teen onreg wat teen die
Afrikanervolk gepleeg word.

Die Afrikanervrou moet haar voorberei vir die komende stryd en die
chaos en geweld wat daarmee gepaard gaan. Die vereniging Boervrouforum
is opgerig om hierin leiding te gee. Die Voorsitster, mev Sanet
Alkema, het 'n dringende beroep op Afrikanervroue gedoen om hulle by
Boervrouforum te skaar sodat die Afrikanervrou se stem weer duidelik
gehoor sal word in die stryd van die Afrikaner op alle terreine.

DR PIETER VAN DER DUSSEN
Kongreswoordvoerder
21 Maart 1998
Re: HNP-Kongres: Die Afrikanervrou: Kragbron van Weersin [boodskap #13444 is 'n antwoord op boodskap #13428] So, 22 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskap
daniel[1]  is tans af-lyn  daniel[1]
Boodskappe: 7
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Die onderwerp sê dit alles!
Vorige onderwerp: Vriende in Pietersburg
Volgende onderwerp: Re: Dit vat manne!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 17:37:44 MGT 2024