Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » liefling
liefling [boodskap #134256] So, 25 Oktober 2020 09:16
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19065
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
liefling
Afbreking: lief•ling


Selfstandige naamwoord: liefling
Meervoud: lieflinge
Verkleinwoord: lieflingetjie (lieflinkie)
Meervoud van verkleining: lieflingetjies

Betekenis:
• Iemand waarvoor mens baie lief is en tere gevoelens koester.
• Die mees geliefde uit 'n aantal persone of dinge.

Gebruik:
• Hy kon dit tog nie aan sy liefling gedoen het nie.
• Hy was mal oor al sy kinders, maar die jongste was tog maar sy liefling.

Afgelei:
• lieflingdogter
• lieflingkind
• lieflingprinses
• lieflingsarbeid
• lieflingsdigter
• lieflingsgereg
• lieflingskind
• lieflingskleur
• lieflingskrywer
• lieflingsvak
• lieflingswerk

Vertaling:
Engels: darling; favourite
Nederlands: lieveling

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: verbetering
Volgende onderwerp: swakkeling
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 23 20:51:36 MGT 2024