Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kaalkop
kaalkop [boodskap #134187] Di, 20 Oktober 2020 19:22
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18984
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kaalkop
Afbreking: kaal•kop
Samestelling: kaal + kop


Selfstandige naamwoord: kaalkop
Meervoud: kaalkoppe
Verkleinwoord: kaalkoppie
Meervoud van verkleining: kaalkoppies

Betekenis:
• Iemand sonder hare op die kop; 'n kaalhoofdige persoon.

Gebruik:
• P.W. Botha was 'n kaalkop met 'n bril wat graag sy vinger in die lug rondgeswaai het.

Sinoniem:
• bles
• pankop
• poenskop

Vertaling:
Engels: baldie, baldhead, slaphead
Nederlands: kaalkop


Byvoeglike naamwoord: kaalkop
Attributief: kaalkop

Betekenis:
• Sonder hare of ander hoofbedekking.
• Reguit en sonder om doekies om te draai.

Gebruik:
• Die kaalkop oompie het ons gehelp.
• Het jy die moed om die regerende party kaalkop aan te vat?

Spreekwoord:
• Iemand kaalkop die waarheid vertel. [Sonder skroom reguit berispe.]

Afgelei:
• kaalkoppig

Vertaling:
Engels: bald, bald-headed
Nederlands: kaalhoofdig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: onderskraag
Volgende onderwerp: polisemie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 04:17:19 MGT 2024