Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die slapende reus van die Muskokas
Die slapende reus van die Muskokas [boodskap #13416] Sa, 21 Maart 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
  'n Week gelede het ons  'n paar dae in die
Muskokas by iemand in hul "cottage" gekuier.
Die Muskokas is 'n streek van mere omtrent
drie uur se ry noordwes van Toronto. Sekere
dele daarvan het baie luukse landgoede wat
deur beroemde mense bewoon word. (Was
verbaas dat Goldie Hawn blykbaar ook daar
in die omgewing in die somer kom bly.) Ons
vriende se huis was doodeenvoudig, maar dit
is verwarm, sodat dit ook in die winter bewoon
kan word. Daar was natuurlik nog sneeu op die
grond, maar daar is al baie voëltjies rond en
kraaie wat rondvlieg en 'n mens kry die gevoel
dat die sap styg in die bome
      Een van die skiereilande naby het 'n heuwel
op wat lyk asof dit die slapende liggaam is van 'n
reus. 'n Legende van die Ojibwa vertel dat daar
'n silwermyn in die omtrek was, en dat die mense
daar gewaarsku is dat hulle nie die teenwoordigheid
van die silwermyn aan ander bekend moet maak nie.
Ongelukkig het een van die Ojibwas dit tog gedoen,
en van daardie tyd af lê hy, versteen, daar tussen die
mere. Daar is glo 'n silwermyn te siene in die buurt,
maar dit is nou vol water.
  Dit het my weer laat dink aan al die goud en silwer
wat deur die inheemse bevolkings van Noord-  en
Suid-Amerika uit die grond gehaal is. Hulle word uit-
gemaak as primitief, maar hulle het hulle eie hoogs
gesofistikeerde ekonomiese sisteme gehad lank voor-
dat die mense uit Europa aangekom het en dinge begin
oorneem het. Veral Spanje het massas goud, gemyn
deur die inheemse bevolkings, weggeneem na Europa.
     Die naam Muskoka kom van die Ojibwa "mesqua"
(rooi) en ahkees (grond.) Wanneer jy terugry van die
Muskokas na Ottawa, dan gaan jy deur nog 'n gebied
van mere. Dit word die Kawarthas genoem, en beteken
glo "land of reflections."  Jy ry hier deur die Canadian
Shield, donkerbruin en donkergeel pre-Kambriese rots,
van die oudste in die wêreld. Jy weet jy word 'n Ontariër
wanneer jy ook vir jou gaste die Canadian Shield-rotse
wys, elke keer wanneer jy by hulle verbygaan. Toe ek
die eerste keer in Kanada kom, het ek dit baie snaaks
gevind dat die mense  so knaend verklaar: " kyk , daar
is die Canadian Shield. "  Dit raak eentonig na 'n ruk.
My man doen dit egter gereeld. Dis net ons twee in die
kar. Maar as ons by 'n spesiaal mooi rotsformasie verby-
gaan, dan sê hy: " Look, the Canadian Shield." So asof
hy dit besit.

Gloudina Bouwer
Re: Die slapende reus van die Muskokas [boodskap #13434 is 'n antwoord op boodskap #13416] So, 22 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Baie dankie Gloudina!
Dis nou mooi en klink baie interesant. Hier by ons is net so baie mere.
Afhangend van hoe groot 'n meer jy as kriteria neem, is hier tussen 10 000
en 15 000 mere in Minnesota. Hulle begin nou so stadig aan smelt, maar ek
het vandag nog gesie dat daar rye ganse op die een sit en wag vir die water
om te verskyn. Hoekom hulle op die koue ys sit en wag weet ek nie! Dalk
weet hulle dit gaan oor 'n dag of wat smelt !?!?
--
Net Nico ...

@igs.net wrote in article ...
|
| 'n Week gelede het ons 'n paar dae in die
| Muskokas by ......
Vorige onderwerp: HNP-Kongres: Bied as Bittereinders Weerstand!
Volgende onderwerp: Klip in die bos - liefde
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 12:27:52 MGT 2024