Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verbuig
verbuig [boodskap #134150] So, 18 Oktober 2020 11:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19458
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verbuig
Afbreking: ver•buig
Uitspraak: /fərˈbœʏ̯x/


Werkwoord: verbuig
Verlede tyd: het verbuig

Betekenis:
• (taalkunde) Aanpassing aan 'n woord afhangend van die funksie of posisie in die sin; deklineer.
• Iets anders buig as was dit tans gebuig is.

Gebruik:
• Sommige ondergeskikte adjektiewe word verbuig, terwyl naamwoorde verbuig word om die meervoud en verkleinwoord te vorm.
• Die balk het totaal onder die gewig verbuig.

Wisselvorm:
• verbuie

Afgelei:
• verbuigbaar
• verbuigbaarheid
• verbuigde
• verbuiging

Vertaling:
Engels: to bend, twist; to inflect, conjugate, decline
Nederlands: verbuigen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: benseen
Volgende onderwerp: biskoplik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Jun 28 19:06:42 MGT 2024