Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » teer
teer [boodskap #134105] Do, 15 Oktober 2020 14:32
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20229
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Teer
Teer
teer
Afbreking: teer


Selfstandige naamwoord: teer
Meervoud:

Betekenis:
• Swart, olieagtige vloeistof met 'n hoë viskositeit.

Gebruik:
Teer is afkomstig van ru-olie en is glad nie omgewingsvriendelik nie.

Spreekwoord:
• Dit smaak na teer en ek lus nog meer. [Dit het lekker gesmaak.]

Afgelei:
• teeragtig
• teerkol
• teerpad
• teerput
• teertou

Vertaling:
Engels: tar, pitch
Nederlands: teer


Werkwoord: teer
Verlede tyd: het geteer

Betekenis:
• Met die olieagtige vloeistof besmeer.
• Iemand sonder iets in ruil van lewensonderhoud voorsien.

Gebruik:
• Die padwerkers teer die pad.
• Ouer kinders wat op hulle ouers teer moet uit die huis uit geskop word.

Vertaling:
Engels: to tar
Nederlands: teren


Byvoeglike naamwoord: teer
Vergrotende trap: teerder
Oortreffende trap: teerste
Attributief: teer, tere

Betekenis:
• Wat sag en gevoelig is.

Gebruik:
• Liewe Jesus sag en teer, sien op my, U kindjie neer.

Sinoniem:
• delikaat
• sagkens

Vertaling:
Engels: fragile, frail, tender, delicate
Nederlands: teer

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: onsigbaar
Volgende onderwerp: afbreek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 20:31:49 MGT 2024