Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » pionier
pionier [boodskap #134099] Do, 15 Oktober 2020 11:05
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20229
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
pionier
Afbreking: pio•nier


Selfstandige naamwoord: pionier
Meervoud: pioniere, pioniers
Verkleinwoord: pioniertjie
Meervoud van verkleining: pioniertjies

Betekenis:
• Iemand wat baanbrekende werk verrig.
• Persoon wat homself in 'n onbekende land vestig en 'n nuwe bestaan opbou.

Gebruik:
• Hy is 'n pionier op die gebied van genetika.
• Die Voortrekkers was pioniers wat diep spore in die Suid-Afrikaanse geskiedenis getap het.

Sinoniem:
• baanbreker
• wegbereider

Afgelei:
• pioniersarbeid
• pioniersbestaan
• pioniersboerdery
• pioniersgees
• pioniershuis
• pionierslewe
• pionierstyd
• pioniersvlugte
• pionierswerk

Vertaling:
Engels: pioneer
Nederlands: pionier

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: oprit
Volgende onderwerp: kaggel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 20:22:34 MGT 2024