Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » HNP-Kongres: Mnr Jaap Marais weer tot leier verkies
HNP-Kongres: Mnr Jaap Marais weer tot leier verkies [boodskap #13407] Sa, 21 Maart 1998 00:00
HNP-Kongres  is tans af-lyn  HNP-Kongres
Boodskappe: 4
Geregistreer: Maart 1998
Karma: 0
Junior Lid
Mnr J A Marais

Mnr Jaap Marais is op 20 Maart 1998 tydens die 29e Jaarkongres van die
Herstigte Nasionale Party tot leier van die HNP herkies.

Toe hy hom as leier voorgestel het, het mnr Willie Marais gesê mnr Jaap
Marais voldoen aan al die vereistes wat van 'n leier vir die
Afrikanervolk verwag word. Mnr Marais sal DV in Mei vanjaar 21 jaar lank
leier van die HNP wees. Dit is in die geskiedenis van Suid-Afrika die
langste aaneenlopende tydperk wat iemand leier van 'n politieke party
was.

Mnr Jaap Marais het in sy leierstoespraak gesê die Afrikanerbemande
politieke partye wat aan die ANC/SAKP-verkiesing in 1999 gaan deelneem,
kan dit nie een op sy eie doen nie. Al hierdie partye sal alliansies
moet aangaan.

Die Herstigte Nasionale Party is die enigste party wat nie deelneem nie.
Dit onderskei die HNP duidelik en trek 'n onontkombare skeidslyn tussen
hom en die ander partye. Die HNP het 'n skoon rekord in die politiek
omdat hy nooit by bedrog of verraad betrokke geraak het nie. Daarom doen
hy 'n beroep op die Kongres om die Afrikanerpubliek van die stembus weg
te hou. Hoe meer mense van die stembus af wegbly, hoe groter word die
verset teen die ANC/SAKP-bedeling. Daarom sal die HNP aanhou om die volk
tot verset op te roep en die ANC as vyand aan te val. Die HNP weier om
enigsins met Mbeki te praat.

Die HNP wil die volk rondom teenstand teen die 1999-verkiesing laat
staamstaan. As ons daarin slaag, het ons die grondslag vir groter
eendragtigheid op ander terreine geskep. Afrikanernasionalisme sal weer
opwel en dit sal aan die Afrikanervolk die wil en die trots gee om in sy
eie vaderland oor homself te regeer.

Na die Tweede Vryheidsoorlog was daar vier groepe Afrikaners:
Verraaiers. Oorgeërs, vredemakers, en dan die Bittereinders. Dit was die
Bittereinders wat nie bereid was om vrede te maak nie, maar na die
beëindiging van die konvensionele oorlog met die guerillastryd
voortgegaan het. Die gees van die Bittereinders het tot die stigting van
die Nasionale Party in 1912 en en die Rebellie in 1914 gelei. Dit was
die gees van die Bittereinders wat tot die oorwinning van
Afrikanernasionalisme in 1948 gegroei het, en uiteindelik tot
Republiekwording en uittrede uit die Statebond in 1961.

Ons konvensionele oorlog het in 1994 geëindig. Nou het die HNP soos die
Bittereinders tot 'n politieke guerillastryd oorgegaan en sal hy die
vyand op sy swak plekke slaan en aanhou slaan. Die Herstigte Nasionale
Party verteenwoordig daarom die gees van die Bittereinders van die
Afrikanervolk.

DR PIETER VAN DER DUSSEN
Kongreswoordvoerder
20 Maart 1998
Vorige onderwerp: Blomme op Jack Dawson se graf
Volgende onderwerp: HNP-Kongres: Terroristeoorlog teen die Afrikaner duur voort
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jul 01 03:48:06 MGT 2024