Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » harsings
harsings [boodskap #134006] Do, 08 Oktober 2020 14:19
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20229
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Harsings van die menslike brein.
Harsings van die menslike brein.
harsings
Afbreking: har•sings


Selfstandige naamwoord:
Meervoud: harsings
Verkleinwoord:
Meervoud van verkleining: harsinkies

Betekenis:
• Grys stof in die skedel, die middelpunt van die senuweestelsel waar verbeelding-, taal- en spraakvermoë gesetel is.

Gebruik:
• Moenie soos 'n domkop optree net omdat jy te lui is om jou harsings te ooreis nie.

Spreekwoord:
• Hoe minder harsings in sy kop, hoe hoër pluiskeil sit hy op. [Iemand steek dikwels sy gebrek aan verstand agter uiterlike vertoon weg.]

Sinoniem:
• brein

Afgelei:
• grootharsings
• harsingskudding

Vertaling:
Engels: brains
Nederlands: hersenen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: genoegsaam
Volgende onderwerp: harwar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 23:09:40 MGT 2024