Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » saligheid
saligheid [boodskap #133976] Di, 06 Oktober 2020 11:18
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20229
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
saligheid
Afbreking: sa•lig•heid


Selfstandige naamwoord: saligheid
Meervoud: salighede

Betekenis:
• 'n Gelukkige hiernamaals.
• Geluk in die algemeen.

Gebruik:
• Omdat jy oortuig is dat Jesus Christus vir jou sondes geboet het, kan jy weet dat jy die ewige saligheid beërwe.
• In daai geval kan ek niks aan jou saligheid doen nie. Sy geniet die salighede van die platteland.

Spreekwoord:
• Sy siel en saligheid vir iets verkoop. [Vir niks terugdeins om sy doel te bereik nie.]

Sinoniem:
• glorie
• heerlikheid
• genot

Vertaling:
Engels: salvation; delight, glory
Nederlands: zaligheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: salig
Volgende onderwerp: ru
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 21:25:22 MGT 2024