Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » salig
salig [boodskap #133975] Di, 06 Oktober 2020 10:32
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20229
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
salig
Afbreking: sa•lig


Byvoeglike naamwoord: salig
Vergrotende trap: saliger
Oortreffende trap: saligste
Attributief: salige

Betekenis:
• Wat goddelike heil gevind het; gered en vrygespreek; sedelik gelukkig.
• Besonder gelukkig of aangenaam.

Gebruik:
Salig is die wat nie gesien het nie en tog geglo het. [Joh. 20:29]
• Die lang vakansie was salig gewees.

Sinoniem:
• heerlik
• hemels
• heilig
• geseën
• gelukkig

Antoniem:
• vervloek

Afgelei:
• armsalig
• godsalig
• saligheid
• saligmakend
• saligmaker
• saligmaking
• saligspreking
• saligverklaring
• welgeluksalig

Vertaling:
Engels: blessed, blissful, exhilarated
Nederlands: zalig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aanmoedig
Volgende onderwerp: saligheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 21:30:04 MGT 2024