Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Blomme op Jack Dawson se graf
Blomme op Jack Dawson se graf [boodskap #13393] Vr, 20 Maart 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Jack Dawson het meer as 85 jaar gelede in
die koue waters van die Noord-Atlantiese Oseaan
gesterf nadat die Titanic gesink het. Sy lyk is met
vele ander na Halifax in Nova Scotia gebring en
daar begrawe. Hy het met steenkool gewerk in die
ingewande van die Titanic. Hy was 23 en van
Manchester in Engeland. Hy het sekerlik nie die
romantiese ondervindinge gehad wat Leonardo
DiCaprio uitbeeld in die film Titanic nie. Maar nou
kom veral jong meisies na die Halifax begraafplaas
en sit blomme, bioskoopkaartjies en briewe op sy
graf.
Meer en meer toeriste kom nou na Halifax om die
storie van die Titanic beter te verstaan. Daar is 'n
museum en natuurlik die begraafplaas waar 150 van
die Titanic se passasiers begrawe is. Hierdie somer
verwag die stad se toeristebedryf 'n groot intog van
mense uit die VSA, veral nadat die film, wat alreeds
die grootste geldmaker van alle tyd is, ook miskien
nog die Oscar gaan wen in die beste film-kategorie.
Die direkteur van die Titanic is hier in Ontario
gebore en dink nog aan homself as 'n Kanadees. Die
film is egter gemaak deur Hollywood se geld. Daar
is egter ook 'n ander Kanadese film wat hierdie keer
op die kort lysie is van beste films: Atom Egoyan se
"The Sweet Hereafter." Hierdie film is met Kanadese
geld hier in Kanada gemaak. Ek persoonlik hoop dat
dit gaan wen. Ek persoonlik dink nie dat "Titanic" so
'n perfekte film was nie. Ek dink dit sou gehelp het
as hulle meer van die ondersese werklike Titanic in
die film ingeweef het, en 'n hele klomp van die melo-
drama uitgesny het in die storie.
Ek vind dit egter roerend dat iemand ook blomme
in Halifax op die graf gesit het van John Hume, een van
die vioolspelers wat op die Titanic se dek gespeel het
terwyl dit gesink het. My ma was 'n jong meisie toe die
Titanic gesink het, en ek het grootgeword met die stories
wat sy vertel het van hoe hulle "Nearer my God to Thee"
op die dek van die Titanic gespeel het. Sy het ook altyd
vreeslik hartroerend die gesang gesing wat bid "for those
in peril on the sea.".

Gloudina Bouwer
Re: Blomme op Jack Dawson se graf [boodskap #13394 is 'n antwoord op boodskap #13393] Vr, 20 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskap
Hjalmar Gerber  is tans af-lyn  Hjalmar Gerber
Boodskappe: 72
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Volle Lid
Gloudina lieg weer...

> Jack Dawson het meer as 85 jaar gelede in
> die koue waters van die Noord-Atlantiese Oseaan
> gesterf nadat die Titanic gesink het. Sy lyk is met
> vele ander na Halifax in Nova Scotia gebring en
> daar begrawe.

Jack Dawson is 'n fiktiewe karakter in James Cameron
se fliek, "Titanic".

Die stoker wat in Halifax begrawe is se naam is
JAMES Dawson. Die grafsteen toon egter slegs dat
ene "J.Dawson" daar begrawe is.

Ek dink dat Jay Leno se "Titanic Ken"-pop werklik
snaaks is, en tog is dit 'n goeie kommentaar op die
feit dat die waarde van jou lewe van die vorm van
jou geslagsorgane afhang. ;-)

Die "Trailer Trash Barbie" was ook 'n glimlag werd.

Hjalmar
________
Vorige onderwerp: Re: Gloudina op NG?
Volgende onderwerp: HNP-Kongres: Mnr Jaap Marais weer tot leier verkies
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 29 00:09:23 MGT 2024