Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » uiterste
uiterste [boodskap #133904] Sa, 03 Oktober 2020 07:56
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18977
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uiterste
Afbreking: ui•ter•ste


Byvoeglike naamwoord: uiterste

Betekenis:
• Tot die hoogste mate.
• Wat die verste verwyder is.

Gebruik:
• Job is 'n vrome en opregte man wat tot die uiterste beproef word.
• Wes-Vlaandere lê in die uiterste noordweste van België.

Vertaling:
Engels: extreme, utmost; farthest, last
Nederlands: uiterste


Selfstandige naamwoord: uiterste
Meervoud: uiterstes

Betekenis:
• Die verste grens of hoogste graad.

Gebruik:
• Van die een uiterste tot die volgende uiterste.

Vertaling:
Engels: extreme, extremity, limit
Nederlands: uiterste

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kollektief
Volgende onderwerp: slik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 10:11:54 MGT 2024